ARTIKELS

Hoop; Geloftefeesrede, Roossenekal 2024

Deur: Sam de Klerk
Volksgenote, Ons volk word mos dikwels daarvan beskuldig dat ons 'n laertrekmentaliteit het. Maar dis soms nodig, veral vir 'n volk soos ons s’n wat ’n hoë premie stel op geloofs- en kultuurwaardes, om stil te staan en bestekopname te maak: hoe lyk ons kultuurgoedere; staan ons geestelik sterk en is God Drie-enig nog deel van ons volkshuishouding.

Vryheid was en is steeds die antwoord of Afrikaners se bestaanskrisis

Deur: Flip Buys
Afrikaners het in die geskiedenis al verskeie keer in bestaanskrississe beland én daaruit gekom. Daarom is dit lewensbelangrik om lesse uit ons voorouers se ervaring te leer. Die geskiedenis se belang lê nie eerstens daarin om te weet wat reeds gebeur het nie, maar wat weer kán gebeur.

Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort

Deur: Tiaan Theron
Dit is die jaar 1836 en die buitewyke van die kolonie is in rep en roer. Die grensboere word nou reeds vir etlike jare lamgelê met aanvalle en plundertogte deur die Xhosas en ander stamme en om alles te kroon, doen die vyandig gesinde Engelse regering alles in hul vermoë om die lewe vir die Boere so moeilik as moontlik te maak.

Die herdenking van die Gelofte van 1838 en die hoop wat dit in 2024 bied

Deur: Alana Baily
Die Spaans-Amerikaanse filosoof, George Santayana (1863-1952) het verklaar “Diegene wat nie die verlede onthou nie, word veroordeel om dit te herhaal”. Helaas steur min mense hulle hieraan en dus herleef geslagte wel dikwels die foute van diegene wat hulle voorafgegaan het.

Wat beteken dit om in 2024 Geloftefees te vier?

Deur: Carel Boshoff
Dit beteken dat jy nie alleen is nie en ook nie dink dat jy alleen is nie – nie in jou eie tyd nie, maar ook nie oor tyd heen nie; met ander woorde daar is mense rondom jou en daar is mense wat jou voorgegaan het en daar is mense wat op jou volg.

Die storie van die Afrikaner

Deur: Ernst Roets
Wie sou ooit kon raai dat ons in die jaar 2024 – dertig jaar na die politieke oorgang van 1994 vir mekaar sou sê dat dit wonderlik is om Afrikaners te wees? Maar nog meer as dit. Nie net is dit wonderlik om ’n Afrikaner te wees nie, dit word al hoe wonderliker.

Die argief in 'n digitale inligtingsmilieu: Uitdagings en oplossings

Deur: Burgert Senekal
Die era van grootdata bied ongekende uitdagings vir tradisionele argiewe. Die geweldige volume, verskeidenheid en snelheid van digitale inligting wat gegenereer word, oorweldig bestaande infrastrukture en metodes. Argiewe, veral dié wat kleiner taalgemeenskappe soos die Afrikaanssprekende-gemeenskap bedien, worstel om tred te hou met die vloed van digitale inhoud, wat wissel van sosiale media-plasings tot akademiese artikels.

Die stand van Suid-Afrikaanse argiewe

Deur: Lizette Jansen
Argiewe is rekords, dus ongeag die vorm of medium, wat ontvang of geskep is in die bestuur van ‘n maatskappy of instelling, of die aktiwiteite van ‘n persoon, familie of instansie. Hierdie papier of elektroniese rekords van gebeure van Suid-Afrikaanse historiese en kultuurhistoriese, of institusionele belang word bewaar in argiefstore

Boekbespreking: Argiewe as 'Vertellings uit die vergetelheid'

Deur: Carel Boshoff
As argiewe se doel is om vertellings uit die verlede, wat andersins in die vergetelheid sou raak, te bewaar, is Danie Schoeman se weergawe van die opkoms en val van Bophuthatswana 'n uitstekende voorbeeld daarvan.

Orania argiewe

Deur: Vryheidstigting
Die argiefbewaarplek van Orania vervul 'n sentrale rol in die bewaring van die dorp se geskiedenis, kultuur en identiteit. As 'n Afrikanergemeenskap wat streef na selfbeskikking, is die behoud van ons geskiedenis en dokumentasie van onskatbare waarde.

Orania argiewe: Die dr. Klaus Baron von der Ropp-versameling

Deur: Vryheidstigting
Een van die interessantste en waardevolste versamelings in die Orania Argiewe is die dokumenteversameling van die kleurvolle Duitse navorser en skrywer, dr Klaus Baron von der Ropp.

Ora Koepon

Deur: Vryheidstigting
Hierdie artikel fokus op die geskiedenis van die ora (𝛷) sedert die eerste vrystelling daarvan 20 jaar gelede in 2004. Die ora is onlosmaaklik verweef met Orania, 'n Afrikaanse dorp in die Noord-Kaap. Die ora is op 'n een-tot-een-grondslag gekoppel aan die Suid-Afrikaanse rand. Die ora sirkuleer as 'n wettige betaalmiddel vir gebruik in kontanttransaksies in Orania. Die bestaan en sirkulasie van die ora is een van die unieke eienskappe van Orania.

Orania kan 'n voorkeursakebestemming vir stadsbou word

Deur: Flip Buys
Daar is al baie oor die ideaal en beginsels van stadsbou en selfbeskikking geskryf, gedink en gepraat, maar veel minder oor die ekonomiese uitvoering daarvan. Daarom is dit nodig om veel meer op die ekonomie te fokus, omdat ʼn lewenskragtige ekonomie ʼn voorwaarde is vir die vestiging van Afrikaners wat die Orania-idee ondersteun. Waar die politiek nodig is om die ideaal in Afrikaners te kry, is die ekonomie nodig om Afrikaners in Orania te kry...

Enkele gedagtes oor stad en staat in ons tradisie

Deur: Carel Boshoff
"Afrikaners is tradisioneel staatsbouers eerder as stadsbouers. Namate ons voorgeslag die binneland ingetrek het, het ons landelike republieke gestig en stede met verdag bejeen. Om nou 'n Afrikanerstad te bou sal 'n nuwe denkwyse verg, een wat in werklikheid nog uitgewerk moet word." Dit sou my vinnige en instemmende weergawe wees van wat dr. Wikus Buys in sy onlangse boek Erfstad aanvoer

Orania - gebou as kulturele hoofstad van die vierde Afrikaner

Deur: Wikus Buys
Die Afrikaner kom van die geliefde plaas af en sy taal is in die veld gebore. Hoekom word daar dan gesê ons moet self ‘n stad bou? Is die Afrikaner se landelike kultuurgeboorte nie maar uiteindelik sy ware noord nie? Om verder van Orania te praat as kulturele hoofstad – is dit nie bietjie ‘n mondvol nie? Laat ons weeg wat ter tafel is.

Stadsbou sonder Landelike Omgewing?

Deur: Jan Beyers
Om 'n stad te bou sonder om die landelike omgewing rondom dit te vestig, is soos om 'n koek te bak en nie te versier nie. Dit bly ‘n koek, maar sonder die versiering is dit net nie dieselfde nie. Net so in 'n wêreld wat toenemend verstedelik word, is dit noodsaaklik om die waarde van landelike gebiede te erken. Hierdie areas bied nie net 'n visuele teenpool tot die betonde landskap van die stad nie, maar vervul ook 'n dieper, geestelike rol in die menslike bestaan. God se skepping, wat ons in die natuur om ons kan beleef, is van kardinale belang om werklik te verstaan wat dit beteken om te leef.

Ontwikkeling en stadsbou-projekte nou op die tafel

Deur: Niel de Klerk
Die kantoor van ontwikkeling en belegging se primêre doel is om infrastruktuur te skep wat dit moontlik maak vir Afrikaners om suksesvol in Orania te vestig. Ons verdeel in die stadium aandag tussen verskeie projekte soos die ontwikkeling en diens van nuwe erwe, die nuwe Werksgebou, Orania se stadskern, behuising vir studente asook uitbou van spesialis infrastruktuur.

Ter wille van ons kinders

Deur: Annemarie Pretorius
In Orania herbedink en innoveer ons graag wanneer ons voor uitdagings te staan kom. ’n Goeie voorbeeld is die loods van die sonplaas en gepaardgaande batterystelsel om ons in staat te stel om met tye onafhanklik van Eskom-kragvoorsiening te funksioneer en om as troefkaart teen beurtkrag te dien.

Uitbreiding van infrastruktuur vir onderwys en opleiding in Orania

Deur: Vryheidstigting
ʼn Soliede onderwysstelsel stel jeug in staat om hul doelwitte na te streef en uitdagings te hanteer, terwyl dit ook mense bevorder om ingeligte besluite te neem en ʼn positief bydra vir die samelewing te maak. In Orania streef ons na ʼn goed opgeleide gemeenskap, wat innovasie, ekonomiese stabiliteit en sosiale samehorigheid bevorder en uiteindelik 'n helder toekoms vir almal skep.

Orania as meerderheidsentrum (van dorp na stad met streek)

Deur: Vryheidstigting
Die hoeksteen van Orania se bestaan is die konsentrasie van Afrikaners, sodat Afrikaners selfbestuur kan ontwikkel -’n bestuur op ’n demokratiese basis en van ’n morele hoë grond. Territoriale selfbestuur vir Afrikaners kan net bestaan wanneer Afrikaners ’n meerderheid vorm binne ’n afgebakende gebied. Afrikaners is egter in geen enkele erkende politieke gebied, soos munisipaliteite en provinsies, in die meerderheid nie.

Die federale gedagte – oorspronge en vooruitsigte

Deur: Vryheidstigting
Die Vryheidstigting se jaarlikse Verwoerd-gedenklesing en beraad het vanjaar op 6&7 September in Orania plaasgevind. Die gedenklesing deur prof Danie Goosen, Akademiese hoof van Akademia en dekadelange medewerker van die Vryheidstigting (voorheen SABRA en EPOG), het as inleiding tot die beraad oor "Die federale gedagte – oorspronge en vooruitsigte" gedien.

Openbare vervoer in Orania

Deur: Jonas Nilsson
Splinternuwe openbare vervoer vir Oraniërs is in September deur Eleksa Orania vir die dorp aangeskaf. Twee nuwe elektriese busse wat elkeen 22 persone per rit kan vervoer, sal voortaan in Orania se strate sigbaar wees. Die busse vervoer hoofsaaklik mense vanaf die oostelike deel van Orania na Orania-Wes en ook andersom.

KOPPEL

KONTAK

  • Die Duiker 3, Orania, 8752
  • 082 958 3571
  • admin@vryheidstigting.org

SKAKEL