Dit is vir ons ’n groot voorreg om aan te kondig dat president Paul Kruger – die onwrikbare Bittereinder en simbool van Afrikanervryheid – binnekort ’n ereplek op Orania gaan kry. Sy beeld, ’n ewebeeld van die Krugerstandbeeld op Kerkplein, gaan nie net ’n pragtige monument wees nie – dit gaan ’n wekroep wees om nie ons geskiedenis te vergeet nie, en om vasbeslote voort te bou op die grondslag wat ons voorgeslagte gelê het. Hierdie stukkie van ons volksiel in die hart van Orania is ’n stille, maar kragtige herinnering dat die pad na vryheid moed, geloof en vasbyt vra. Kom ons pak hierdie geskiedkundige oomblik saam aan - ons bou nie net vir vandag nie, maar vir die geslagte wat nog kom.
Vir die Vryheidstigting is 2025 tot dusver 'n buitengewone jaar, en in bepaalde opsigte ongemaklik. Sedert 2020 het ons elke jaar afgeskop met 'n strategiese ontleding en vooruitskouing in die lig van ons vryheidstrewe, maar vanjaar het die tydige publikasie van ons Vryheid 2025-dokument onmoontlik geblyk. Bepalende gebeure het mekaar té vinnig opgevolg om tot oorsigtelike gevolgtrekkings te kom en ontledings te gee waarmee die toets van die tyd kan aangedurf kan word. Dit was soos om met 'n windbuks op 'n aandagafleibare vlermuis te probeer skiet: sodra jy dink jy weet waar hy heen op pad is, is hy nie meer daarheen op pad nie.
Dinge verander – soos orals anders, só ook in die Vryheidstigting. Die goeie nuus is dat twee van ons sleutelpersoneellede, Annemarie Pretorius en Anesta Boshoff gedurende die afgelope jaar op kraamverlof was.
Ons staan vanjaar as die kinders en kindskinders, 186 jaar later steeds voor dieselfde God van Bloedrivier, die God wat ons keer op keer uit ons ellende gered het. Die God aan wie ons voorouers ʼn gelofte gemaak het dat as Hy hulle vyand in hulle hand sal gee, hulle die dag en datum elke jaar as ʼn dankdag, soos ʼn Sabbat tot Sy eer sal deurbring.
Argiewe vorm die hart van ons geskiedenis en kultuur. In hierdie uitgawe verken ons die rol van tegnologie en die digitalisering van argiewe. Hierdie proses ontsluit nuwe moontlikhede vir bewaring en gebruik van bestaande navorsing.
As ons dan ons eie stad bou, kan ons ook die standaarde vir ons stad stel. Ons is lief vir ruimtes en vlaktes, landbou, ons eie taal en kultuur, en daarom kan ons dit inbou in ons Afrikanerstad. Ons kan ’n gebalanseerde stad met genoeg ruimte, genoeg kultuur, genoeg stad en genoeg plaas hê.