Argiewe vorm die hart van ons geskiedenis en kultuur. In hierdie uitgawe verken ons die rol van tegnologie en die digitalisering van argiewe. Hierdie proses ontsluit nuwe moontlikhede vir bewaring en gebruik van bestaande navorsing. Ons kyk ook na die unieke geskiedenis van die Ora, Orania se plaaslike koepon, wat reeds twee dekades lank gebruik word.
Verder bespreek ons die stand van argiewe in Suid-Afrika, en die dringende behoefte aan kundigheid en bewaringsfasiliteite. Carel Boshoff deel ’n waardevolle boekbespreking, terwyl ons die merkwaardige Von Der Ropp-versameling verken — ’n skatkamer van Duitse bydraes tot Afrikaanse navorsing. Mag hierdie uitgawe u inspireer om die waarde van ons argiefskatte te besef.
Stuur gerus hierdie Argief-uitgawe vir Afrikaners, wat ook opgewonde raak oor Vryheid, aan!
Groete
Cara Tomlinson