As ons dan ons eie stad bou, kan ons ook die standaarde vir ons stad stel. Ons is lief vir ruimtes en vlaktes, landbou, ons eie taal en kultuur, en daarom kan ons dit inbou in ons Afrikanerstad. Ons kan ’n gebalanseerde stad met genoeg ruimte, genoeg kultuur, genoeg stad en genoeg plaas hê.
Dit is insiggewend om in hierdie Oktober-uitgawe na verskeie rolspelers se menings en ontwikkelingsplanne vir die Afrikanerstad te luister. Die meningstukke strek vanaf ingenieurs, landbouers, stadsbouers tot opvoeders en leraars. Verskeie stukke kom saam in die Stadsbou-uitgawe van die Perspektief om die prentjie vir die toekoms bymekaar te bring en in te kleur.
Septembermaand is ook propvol opwindende en positiewe bydraes vir die Orania-gemeenskap. Die Vryheidstigting bied die nege en veertigste HF Verwoerd Gedenklesing en ook ’n beraad oor die federale gedagte aan en twee busse arriveer wat voortaan vir publieke vervoer in Orania gebruik sal word.
Stuur gerus hierdie Stadsbou-uitgawe aan Afrikaners wat ook opgewonde raak oor Vryheid!
Groete
Cara Tomlinson