Splinternuwe openbare vervoer vir Oraniërs is in September deur Eleksa Orania vir die dorp aangeskaf. Twee nuwe elektriese busse wat elkeen 22 persone per rit kan vervoer, sal voortaan in Orania se strate sigbaar wees. Die busse vervoer hoofsaaklik mense vanaf die oostelike deel van Orania na Orania-Wes en ook andersom. Die busse het spesifieke busstoppe en sal baie stiptelik mense by die verskeie punte in die dorp optel en aflaai. By elke busstop is daar ook ’n skandeerkode waar mense die kode met hul slimfone kan skandeer en die tye en plekke waar die bus stop, kan sien.
Lees gerus die artikel Orania Takes a Leap with Public Transportation van Jonas Nilsson.