Vryheid 2025: 11\07\2025
Hoewel almal verwag het dat pres Donald Trump van die VSA se tweede ampstermyn, veral ná die Biden-onderbreking, 'n groot plaaslike én wêreldwye impak sou hê, sou niemand kon raai dat Afrikaners as sodanig in sy kollig sou beland nie. Daar was immers, buiten vir tallose binnelandse aangeleenthede, oorloë in die Oekraïne en in Israel, handelsbetrekkinge met China en die res van die wêreld, NAVO en Europese lande se veiligheidsbegrotings, BRICS en die sprake van 'n alternatiewe internasionale reserwe-geldeenheid, Indië, ens., ens. baie om hom besig te hou! Dat die lot van Afrikaners in Suid-Afrika die onderwerp van 'n uitvoerende bevel soos die een van 6 Februarie vanjaar sou uitmaak, was vir Suid-Afrika én Afrikaners soos 'n kat in die hoenderhok.
ARTIKELS
KUNSWERK
Dorp met kerk
J.H. Pierneef
KONTAK
- Die Duiker 3, Orania, 8752
- 082 958 3571
- admin@vryheidstigting.org
SKAKEL