Wie is die Vryheidstigting?
Die Vryheidstigting is navorsingsinstelling wie se doel is om Afrikanervryheid in die
algemeen en die verwesenliking daarvan in die besonder te bevorder. Ons wil graag
sien dat Orania floreer, maar ook dat soveel moontlik Afrikaners hulle met die
onderliggende strewe kan vereenselwig terwyl beleidmakers en besluitnemers in die
hele Suid-Afrikaanse samelewing en meningsvormers wêreldwyd, dit met begrip
bejeën. Ons werksaamhede is dan ook daarop afgestem.