Wie is die Vryheidstigting?
Die Vryheidstigting is 'n navorsingsinstelling wie se doel is om Afrikanervryheid in die algemeen en die verwesenliking daarvan in besonder te bevorder. Ons wil graag sien dat Orania floreer, maar ook dat soveel moontlik Afrikaners hulle met die onderliggende strewe kan vereenselwig terwyl beleidmakers en besluitnemers in die hele Suid-Afrikaanse samelewing en meningsvormers wêreldwyd dit met begrip bejeën. Ons werksaamhede is dan ook daarop afgestem.