Tuiskoms, Waar ons vandaan kom en waar ons heen gaan.

2022

Die Vryheidstigting

CWH (iv) Boshoff

Samevatting

"TUISKOMS is 'n juweel in die werk van Carel Boshoff. Polities, kultureel en filosofies gesproke vang dit die leser met 'n gemaklike skryfstyl en met boeiende gesigspunte op sowel die verlede as die toekoms vas. Met betrekking tot die verlede word die leser op 'n merkwaardige reis van herbesinning oor apartheid, nasionalisme en die dood van die 'tweede Afrikaner' meegevoer. Tegelyk is 'n helder hoop met betrekking tot die toekoms van die 'derde Afrikaner' deurgaans aanwesig. Een van die redes waarom die leser dit so moeilik vind om die essays neer te sit, is omdat hy deur die skrywer uitgenooi word om steeds verder saam met hom op dié toekomspad te stap. Vanaf die pragtige voorwoord tot en met die laaste hoofstuk is TUISKOMS 'n hoogs aanbevelenswaardige werk."


- Danie Goosen -


Carel Boshoff is hoof van die Vryheidstigting, beklee Akademia se NP van Wyk Louw-ereleerstoel vir kultuurkritiek en dien as ondervoorsitter van die FAK. Hy was voorheen president van die Orania Beweging en voorsitter van die Orania Verteenwoordigende Raad en woon sedert 1997 in Orania.

KOPPEL

KONTAK

  • Die Duiker 3, Orania, 8752
  • 082 958 3571
  • admin@vryheidstigting.org

SKAKEL