Samehang is 'n reeks ontledings - of dalk juis een groot ontleding - wat aantoon hoe en in watter mate Afrikaners reeds daarin geslaag het om 'n eiesoortige konstitusionele orde te vestig. Hierdie orde stel ons in staat om, binne én buite Orania, die ou uitdagings waaroor Afrikaners oor geslagte heen in Afrika gestel word met nuwe planne en ywer tegemoet te gaan. En dit in onderlinge samehang.
Prof. Koos Malan, Konstitusionele juris
Om in ons tyd samehang te vind, is amper soos om 'n Wag-'n-bietjiebos in 'n skaduboom te omskep: Die takke wat net dorings en pyn oplewer, moet jy wegsny, maar die takke wat daarvan 'n boom moet maak, moet jy los. Dit verg konsentrasie en inspanning, en dit bring ook soms pyn mee. Dít is wat die skrywer hier doen. Mens lees dit as jy wil weet wat aangaan en hoe ons daarop moet antwoord.
Dr. Wynand Boshoff, LP