Uitgawe 9: Sept 2021

Geagte leser

Tradisie is iets wat ons Westerse bestaan definieer. Dit strek dieper as bloot ons gewoontes en gebruike, stel Erik Holm voor. Hy sê dit is in ons wese so deel van ons soos ons gene. Ons kyk in vandeesmaand se uitgawe van Perspektief na tradisie in die breë en aanskou dit spesifiek in die lig van die familietradisie van die Holms. Ontdek saam met ons die ryk tradisie van hierdie familie in argitektuur, musiek en kuns.

Die vryheidstrewe van die Afrikaner hier aan die Suidpunt van Afrika is onlosmaaklik gekoppel aan ons eeue-oue Westerse tradisie.

Stuur gerus hierdie uitgawe aan en prikkel iemand se denke oor vryheid en tradisie.

Annemarie Pertorius

Videosfeer

Kunswerk

Sgraffito-werk in 2021 voltooi deur Cornelia Holm

Die muur aan die Westekant van Karoosig Aftreeoord in Orania is omskep in ‘n kunswerk wat ’n stukkie Afrikanerkultuur vasvang. Hierdie kunsmuur beeld verskeie Afrikanervolkspeleliedjies uit.