Uitgawe 7: Junie/Julie 2021

Geagte leser

Hierdie uitgawe van die Vryheidstigting se Perspektief handel oor alles wat te make het met geslagtelikheid in die samelewing. Ons oorweeg Mary Eberstadt se waarneming dat vandag se identiteitspolitiek toe te skryf is aan die seksuele rewolusie. Ds Ruan Combrink skryf oor die geslag van God en Yolandi Roets kyk na wat dit beteken om die moeder van seuns te wees. Wendell Berry se uitkyk op die feminisme kom ook hier ter sprake.

Hierdie is sake wat ’n noemenswaardige invloed op ons samelewing het. Hoe man en vrou, gesinne, families en gemeenskappe met mekaar omgaan vorm die basis van ons menslike bestaan. Hoe lyk dinge dan wanneer hierdie noodsaaklike verhoudings verbrokkel? Ons bied ’n perspektief. 

Annemarie Pertorius

Kunswerk