Uitgawe 5: April 2021
Geagte leser
In April se uitgawe van Perspektief bekyk ons die werklikheid met die Klassieke tydperk as raamwerk. Ons laat die antieke ons lei om die fokus te hervestig in die hede en op die toekoms.
Deur die Kijkglas beskou ons die Afrikaner se plek in die geskiedenis en vandag en ons kyk dieper na begrippe soos ‘waardigheid’ en ‘gemeenskap’.
Ons kyk ook na die rol wat die Vryheidstigting speel in sy gemeenskap en hoe hy saam met die jeug die kern van ons Westerse kultuur gebruik om ’n visie te skep.
Die uitgawe hoop om die leser te lei tot vars insigte met die hulp van die antieke.
Annemarie Pertorius
Kunswerk
