Uitgawe 2: Januarie 2021
Geagte leser
Ons is opgewonde om bekend te maak dat die tema vir hierdie uitgawe van Perspektief eenvoudig ‘2021’ is. En hoewel ons oorrompel word met negatiewe perspektiewe op sosiale media en in die pers, hoop die Vryheidstigting om ’n vars blik op wat vanjaar vir ons inhou, te bied.
In ons Vryheid ’21-dokument word daar bestek opgeneem van dit wat ons gesien het in die afgelope jaar en hoe dit ons uitkyk op die volgende jaar beïnvloed. Daar word derhalwe ’n strategiese fokus vir 2021 geskets.
Lees in hierdie uitgawe oor ons ‘nuwe werklikheid’ en hoe dit dikwels selfs ’n distopiese fiksieverhaal versinnebeeld. Ons verken die absurde wat ons ‘normaal’ geword het.