Uitgawe 10: Okt 2021

Geagte leser

In hierdie uitgawe van Perspektief dink ons na oor erfenis. Wat is ons erfenis? Hoe moet ons dit wat aan ons toevertrou is, behandel? Ons dink dieper oor intellektuele erfenis en die stryd om die ordes in Monica Mynhardt se artikel. Lees of kyk ook graag die rede wat Ernst Roets by vanjaar se 46ste Verwoerd Gedenklesing gelewer het in hierdie uitgawe. En ons ontdek die twee denkwyses wat Wendell Berry voorstel.

Daniel Goosen bied ‘n perspektief op opvoeding in ‘n tyd van nihilisme en Carel Boshoff dink na oor nasionalisme as erfenis in die lig van die afgelope Erfenismaand.

Stuur gerus hierdie uitgawe aan en prikkel iemand se denke oor vryheid en erfenis. 

Annemarie Pertorius

Kunswerk

Die Geloftekerkie in Pietermaritzburg
deur JH Pierneef
Bron: Die Huisgenoot, 1938