Uitgawe 6: Mei 2021
Geagte leser
Met die winter wat aan elkeen van ons se deure begin klop stroom verbruikers reeds winkels toe om te koop, koop, koop. Die nuutste modes vir die nuwe seisoen moet aangeskaf word. Ons lewe in ’n tyd waar min dinge meer gemaak word om generasies lank te hou. Ons dink in terme van “fast fashion”, “fast food” en slim fone met ’n vervaldatum. Steek dit alles dalk goed in mekaar om die verbruiker ’n slaaf van die sisteem te hou?
In Mei se uitgawe van die Vryheidstigting Perspekief kyk ons na waar hierdie tendense vandaan kom. Hoe het die Weste behep geraak met aankope? Ons bekyk ons huidige uitgangspunte en oorweeg alternatiewe maniere waarop die Westerse verbruiker homself in die ekonomie kan posisioneer.
Annemarie Pertorius
Kunswerk
