Jeugbond

Alle Hoërskoolleerlinge (13-19 jaar) word uitgenooi om deel te word van die Jeugbond! Neem deel aan 2021 se opwindende projekte en word toegerus om die toekoms in te gaan met kennis en selfvertroue.

2021 Jeugbond – kalender

  • 2 Jeugberade (Met leierskapsontwikkeling as fokus)

Hierdie Jeugberade is gratis vir alle Jeugbond-lede. Daar word twee jeugberade beplan: een in Junie-skoolvakansie in Pretoria en een in die Oktober-skoolvakansie in Orania. Een of albei kan gratis bygewoon word. Hierdie Jeugberade word in dieselfde vorm as die 2020 Jeugberaad aangebied.

  • Kwartaallikse opleidingsessies

Vier keer per jaar is daar ‘n gespreksgeleentheid met Carel Boshoff en Pieter Krige. Hetsy persoonlik of per Zoom. (Onderwerpe soos “Natuur-Tradisie-Kultuur”, “Wat is politiek?”, “Vryheid in ons tyd”, “Dromers, denkers & Doeners”.)

  • Boekklub met Pieter Krige

Met boeiende leesstof kweek ons ‘n konserwatiewe generasie wat lief is vir lees en leer. Ons pak elke vlak met 5 boeke aan en gesels oor Telegram met mekaar oor die boeke. Met skrywers soos FA Venter en HS van Blerk maar ook CS Lewis en Hemingway gaan ons dosyne boeke deurwerk oor die volgende paar jaar.

  • Jeugkamp 9 – 14 Desember 2021 teenaan die Oranjerivier!

Die jeugkamp beloof om baie avonture en pret te verskaf. Jeugbond-lede geniet 50% afslag op die kamp en het voorkeur om in te skryf. Op hierdie Jeugbond-kamp wil ons die kinders uit hulle daaglikse omstandighede neem, en vir hulle avontuurlike aktiwiteite aanbied. Die aanbieding van hierdie aktiwiteite word deur ander kenners en Orania jong volwassenes gefassiliteer. Die Vryheidstigting gaan verantwoordelik wees vir die geestelike en denkende aktiwiteite, praatjies, besprekinge ens. Jeugbond-lede het dan al kennis opgedoen deur die boekklub, opleidingsessies en jeugberade en gaan op ‘n dieper vlak kan deelneem aan gespreksgeleenthede.

Word vandag deel van die Jeugbond!