Afrikaanse Literatuur Die Afrikaanse letterkunde is vandag ’n huis met meer wonings as ooit tevore. Kinder- en jeugliteratuur, misdaadfiksie, en romanses is van die genres wat floreer. Skrywers wat in hierdie genres doenig is, soos Jaco Jacobs, Fanie Viljoen en Deon Meyer geniet wisselende mates van gewildheid in ander tale, en dis iets waaroor alle […]

Driehonderd jaar na Jan van Riebeeck onbedoeld die lang, dubbelsinnige eksperiment van Europese vestiging in Suid-Afrika begin het, en vier jaar nadat Afrikaners vir die eerste keer in hulle geskiedenis die beheer oor ’n moderne staat oorgeneem het, eien NP van Wyk Louw in 1952 drie gevare vir die voortbestaan van Afrikaners.