‘n Idee moet genoeg woorde hê om dit deur te dra. Ou woorde en nuwe woorde. Die derde Afrikaner moet sy nuwe normaal leer ken. Leer om sy verbeelding te verwoord. Daarvoor het hy ‘n Vierde Taalbeweging nodig.  Slegs met ‘n nuwe taalbeweging sal die Afrikaner sy vyfde epog bereik. Maar wat behels die nuwe normaal presies? Eers ‘n vinnige verduideliking oor gebruik van die beskrywings ‘derde, vierde en vyfde’ in die artikel se subtitel “die derde Afrikaner se vierde taalbeweging in die vyfde epog.

Afrikaanse Bybelvertaling – ‘n oorsig Deur APB Breytenbach Ter oriëntering Bybelvertaling het ’n baie breë vakgebied geword wat steun op verskeie ander dissiplines. Onder laasgenoemde val vertaalteorie, tekskritiek, bron- en doeltaalnavorsing, die doelwit van vertalings, en vele meer. Hierdie verwikkelings het veral sedert die middel van die twintigste eeu momentum gekry. Elke vertaling van die

Read More »

Van die twee hoofstukke van Roger Scruton (1944–2020) se Culture Counts wat ons nou al behandel het, antwoord die eerste hoofstuk die vraag Wat is kultuur? met een woord: Oordeel. Die tweede hoofstuk lê die verband tussen ledigheid, geloofsuitdrukking en kultuur met die uitdruklike veronderstelling dat kultuur die produk van ongedwonge aktiwiteit is; dat dit byvoorbeeld met spel verband hou, of met die sewende dag waarop God die mens beveel het om van die sleur wat ons lewenseise meebring, te rus. In hierdie hoofstuk behandel hy die verband tussen kennis en gevoel.

Wendell Berry skryf in een van sy later opstelbundels, Imagination in Place, wat in 2010 verskyn het, oor die verband tussen sy lewe as boer, sy werk as skrywer en die plek waar hy sy lewe lank gewoon het. Die opstel met dieselfde titel word vervolgens in vier aflewerings aangebied en dit sluit mooi aan by tema’s soos moedertaal en letterkunde. Wat volg, is ‘n vertaling deur Carel Boshoff van die opstel Imagination in Place soos dit verskyn het in Berry, W. 2019. Essays 1993-2017. The Library of America.q~A

Die kunste is nou eenmaal ‘n terrein waarop spontaniteit georganiseer moet word. So vrysinnig as wat elke kunstenaar is en soveel as wat hulle geen bevel of voorskrif wil aanvaar nie, soveel kom hulle werk nie in ‘n lugleegte tot stand nie. Sonder ‘n gehoor wat hulle werk kan sien of hoor, sou dit ook nie die moeite werd wees om kunswerke te skep nie. Daarom dat daar instellings soos OKeR moet wees wat hierdie “wankel ewewig” (soos die groot Afrikaanse digter dit noem) in beskerming neem. Dat OKeR dus gedurende 2021 uit iets van ‘n organisatoriese sluimer ontwaak het, is nie net vir Orania se kunstenaars en kunspubliek belangrik nie, maar ook vir Orania se hele gemeenskap.