Jeugboekbespreking: Die Sprinkaanbeampte van Sluis

Jochem van Bruggen, Die sprinkaanbeampte van Sluis. J.L. van Schaik, Bepk., Pretoria 1933

‘n Kort bekendstelling deur Anje Strik

Hier in die Noord-Kaap ken ons die Sprinkaanplaag wat na goeie reën dikwels ‘n oes in enkele minute kan vernietig. 2021 was juis so ‘n jaar en ons het gesien hoe boere teen hierdie plaag, wat al uit Farao se tyd kom, probeer beveg. Jy weet nie vooraf waarheen die swerm mik nie, maar as jy nie vooraf gereedmaak nie, is dit te laat wanneer jy sien hoe die sprinkane teen die horison opkom en die son verduister.
In “Die Sprinkaanbeampte van Sluis” vertel Jochem van Bruggen, een van ons klassieke Afrikaanse skrywers, die verhaal van die beampte wat moet gaan seker maak of die boere op hulle plase gereed is om hierdie plaag te stuit, want as die sprinkane eers vatplek kry, kan dit ‘n hele nasie se kosvoorraad beperk. Maar wie vertel nou vir ‘n boer wat hy op sy eie plaas moet doen? Van Bruggen karakteriseer op pittige wyse hierdie Afrikanerboere wat elkeen van ons so goed ken.

Laai die boek gratis af by https://www.dbnl.org/tekst/brug029spri01_01/