Een en veertigste HF Verwoerdgedenklesing
12 November 2016
Dr Koos van der Merwe
My tema
Verwoerd kon nie die politieke boedel wat hy geërf het, suksesvol beredder nie vanweë die oorweldigende volksvreemde mensegetalle in dieselfde land en Verwoerd se ononderhandelbare voorbehoud van politieke selfbeskikking vir Afrikaners. Tog is Verwoerd se magtige nalatenskap een van onskatbare waarde veral as roetekaart vir Afrikaners se pad die onsekere toekoms is.
Mnr die Voorsitter,
VERWOERD SE TWEE BEELDE
Ek wil aan die begin na dr Verwoerd se twee beelde verwys, naamlik die een toe hy Eerste Minister was en dan sy huidige beeld. Daarna sal ek my tema ontplooi. Wat Eerste Minister Verwoerd se beeld betref, skryf Giliomee soos volg in RAPPORT van 24 Junie 2012 ʼn artikel Apartheid: Was dit dan net boos?
- “Tussen 1950 en 1970 het die getal swart kinders op skool met drie keer vermenigvuldig. Voorts was swart- en wit-leerplanne basies dieselfde.
- “In die eerste helfte van die 1960s het die Suid-Afrikaanse ekonomie teen gemiddeld 6% per jaar gegroei, inflasie was 2% en grootskaalse beleggings het ingestroom.
- “Die land was suksesvol genoeg dat die nuustydskrif TIME Verwoerd in Augustus 1960 kon beskryf as ‘one of the ablest white leaders Africa has ever produced’.
Die Zoeloekoning, Goodwill Zweletini, sê onlangs die apartheidsregering was beter as die huidige regering en
“…history will judge black people harshly as they had failed to build on the successes of the Afrikaners“ (dda@lawsa.net).
Vandag se Verwoerdbeeld
Vandag word Verwoerd gesien as die skepper van ‘n beleid wat as ‘n misdaad teen die mensdom verklaar is. Dis ‘n skrikwekkende beeld wat natuurlik ongegrond is want Verwoerd het ‘n paradigmaskuif weg van apartheid gemaak met ‘n beleid wat op interne dekolonisasie neerkom. Daarmee het hy in werklikheid die morele hoë grond betree deur die swart volke tot onafhanklike state te probeer lei soos dit elders in Afrika gebeur het. Daarin was Verwoerd gedeeltelik suksesvol, want tien swart tuislande het selfregering en vier onafhanklikheid aanvaar. Dis ook ‘n feit dat suksesvolle partisiestappe deur Brittanje geneem was om Botswana, Lesotho en Swaziland te partisioneer. Verwoerd se partisiestappe was dus in lyn met die groot dekolonisasieproses van die Europese lande.
Wat vir my heerlik komies is, is dat daar nog gereeld die lagwekkendste denkbare kritiek teen Verwoerd gefantaseer word.
Wiskunde
Een goue voorbeeld daarvan gaan oor Verwoerd en wiskunde. Die Britse wetenskaplike kolos, Sir Isaac Newton, wat in 1727 oorlede en in die Westminster Abdy ter ruste gelê is, het volgens vooraanstaande wiskundiges ALLES oor die Wiskunde van sy tyd geken.
Teen vandag het die omvang van die Wiskunde van Newton se tyd oor drie honderd jaar egter vertagtigvoudig en geen enkele wiskundige weet alles van slegs een daarvan nie. Luister dan net ‘n oomblik na die ANC se humoristiese hallusinasies oor Verwoerd.
* Senzo Mchunu, Minister van Onderwys in Kwazulu-Natal, sê: “It was Verwoerd who made Maths difficult….” (CX Press: 25 Julie 2012).
* Oor die probleem van teksboeke wat nie betyds in Limpopo opgedaag het nie, sê Zuma dis Verwoerd wat die teksboek-krisis in Limpopo veroorsaak het (The Citizen: 23 Julie 2012).
* Zuma het nog twee klagtes:
(a) “What is happening today is what Verwoerd did, where the black majority were historically not given education.
(b) We are dealing with a system that had put black people back for centuries.”
Mens kan Zuma net verwys na die ANC se webwerf waar dit staan:
“Although the African kingdoms lost land and cattle they were still independent some 200 years later”.
As die African Kingdoms dan 200 jaar lank onafhanklik was, waar is hulle eie onderwysstelsel? Hulle kon dit nie op die been bring nie. En die feit dat hulle dan eeue teruggesit is, is snert. Jy kan nie van geen onderwys na geen onderwys teruggesit word nie. Verwoerd is die man wat vir hulle ‘n uitstekende stelsel ingestel het.
Dr Mamphela Ramphele, ‘n produk van Bantoe onderwys en later UCT se Vise-Kansellier het soos volg oor die huidige toestand van swart onderwys gereageer:
“The monumental failure in South Africa was not Hendrik Verwoerd’s fault but that of the current government”
en
“Children under apartheid’s ‘gutter education’ were better educated than children are today.” (SA Time, 25 Julie 2012).
DIE BRILTEORIE
‘n Belangrike rede vir die bestaan van meer as een beeld van dieselfe persoon oor tyd, is dit wat ek die Brilteorie noem. Mense maak die fout om die geskiedenis deur die verkeerde bril te bekyk.
Ek noem ter illustrasie voorbeelde van gebeure in die geskiedenis wat toe moreel reg en aanvaarbaar was, maar wat vandag as gruwelike menseregteskendings verwerplik is. Dit hang net af met watter jaar se bril jy kyk.
* Lyfstraf (100 houe) is deur Jan van Riebeeck gemagtig vir ‘n matroos se parmantigheid teenoor ‘n skeepskaptein.
* ‘n Slaaf wat in 1727 in die Kaap sy meester se 14 jarige dogter verkrag het, se vleis is met warm ysters uit sy liggaam getrek; sy rug is gebreek en hy is doodgemaak.
* Die aktivis-historikus WEB Du Bois skryf in September 1913 ʼn ope brief aan president Wilson waarin hy onder andere konstateer:
“In the Treasury and Post Office Departments colored clerks have been herded to themselves as though they were not human beings. We are told that one colored clerk who could not actually be segregated on account of the nature of his work has consequently had a cage built around him to separate him from his white companions of many years”. (Du Bois, WEB. September 1913).
- In Kalifornië is in 1851 ‘n wet gemaak dat Indiane teen vergoeding doodgemaak kan word.
- In Ausralië kon ‘n mens nog tot in die negentien vyftigs aansoek doen om ‘n Abrigenie te jag en dood te skiet.
- In al die deelstate van die VSA was daar in die verlede wette wat rasgemengde
huwelike verbied het. Eers so onlangs soos 12 Junie 1967 het die Amerikaanse Hooggeregshof verklaar dat sulke deelstaatwette ongrondwetlik is. Die wette het toe nog in sestien deelstate gegeld.
* Die wit bokser, Jim Jeffries, het aanvanklik geweier om teen Jack Johnson te boks omdat Johnson swart was. Hulle het 1910 geveg en Johnson het gewen. Die uitslag het rassegeweld ontketen. Die Texas wetgewer het daarna selfs films van die geveg verbied om verdere rasse-onluste te vermy (Tyler, 1966:955-956).
* ‘n Paar duisend vrouens is op die brandstapel verbrand omdat hulle glo hekse was en in
die Prado in Madrid is ‘n skildery wat wys hoe ‘n man lewendig afgeslag word.
# In die VSA is oor tyd streng segregasie-maatreëls ingestel, soos menseskeiding, geen toegang vir swartes tot blanke skole, restaurante, hotelle en parke nie; apart sit in openbare vervoer, verbod op seks en huwelike oor die kleurgrens, weiering van dienste aan swartes, moeilikmaak vir swartes om in wit gebiede te woon, konflik, opstande, moorde, saakbeskadiging, brandstigting, hofsake.
Wanneer mens dan met jou 2016 bril na hierdie voorbeelde kyk, gril jy en vind dit totaal onmoontlik om te kan glo al hierdie gebeure plaasgevind het en moreel aanvaarbaar was.
Om Verwoerd dus na al die dramatiese binnelandse en internasionale veranderings oor ‘n halfeeu met vandag se bril en waardes te beoordeel in plaas van ‘n 1950s en 1960s bril, lei tot verwronge en foutiewe waarnemings. Ons moet na hom kyk met die regte bril op.
MY TEMA
My tema is dat Verwoerd ‘n politieke boedel geërf het wat eintlik bankrot was en wat op die lang duur onberedderbaar was. Onberredderbaar omdat daar toe reeds ‘n wesenlik deurslaggewende kantelpunt geval het wat nie weer staangemaak kon word nie. Dit was die effektiewe besetting oor tyd van blank Suid-Afrika deur baie miljoene swart mense wat nie stemreg in Blank Suid-Afrika gehad het nie. Hierdie miljoene stemloses noem ek die slapende tsoenamie. Toe die tsoenamie wakker word, het dit apartheid en blanke beheer verswelg, vernietig en met geweld meegesleur.
Mensegetalle in 1951
Mens kan vra, maar hoe het die mensegetalle gellyk toe Verwoerd as Minister oorgeneem het? Die NP het in 1948 aan die bewind gekom en toe het die 1951 sensus soos volg gelyk:
Suid-Afrika: 38,5% swart mense woon Bantoegebiede en 61,5% in Blank Suid-Afrika
Transvaal: 79% inwoners is swart en 21% wit
Om toe van “Blank Suid-Afrika” te gepraat het, was eenvoudig misleidend.
Daarbenewens sêClem Sunter in 2030 sal die SA bevolking onder 24 jr oud as volg wees (SA Statistcis 2014):
- Swart 91%;
- Kleurlinge 7%;
- Indiërs 1%
- Wit 1%.
Baie van u gaan nog leef wanneer slegs 1 uit elke 100 jong mens wit gaan wees.
‘n Tsoenamie is ’n reeks getygolwe wat tot 150 meter hoog kan wees en teen meer as 700 kph alles in sy pad verswelg. Die ontwaakte politieke tsoenamie het teen 1994 formeel ‘n Swart Suid-Afrika as eenheidstaat geskep waarin Afrikaners ‘n klein minderheidgroep en Engels die staatstaal is.
DIE GEBOORTE VAN DIE TSOENAMIE
Die tsoenamie is in Van Riebeeck se tyd gebore toe hy slawe by die VOCaangevra het om die vuilste en swaarste werk van die Nederlanders te doen. Die VOC het soos volg gewaarsku:
“…dat sij wanneer sij het gerijff van de slaven hebben, alsdan luij warden, en de handen niet meer tot wercken willen uit steecken…” (Scholtz, 1955:75,76).
Scholtz sê:
- “Reeds in die agtiende eeu het die ekonomie van die blanke volksplanting volledig op nie-blanke arbeid gerus” (1964:23).
WAARSKUWINGS
Wat ons verlede pynlik maak, is die reeks waarskuwings wat oor dekades heen gerig was oor Afrikaners se omvangryke politieke uitdaging. En dat ons ons nie diep genoeg in daardie waarskuwings ingedelf het om blywende oplossings te soek nie.
Ons het te lank by ons mislukte beleid bly staan terwyl sommige van ons leiers reeds besef het die beleid het misluk, maar tog daarmee volhard het.
Ons het eenvoudig nie met iets alternatiewelik as afsonderlike ontwikkeling voor die dag kom nie.
Daar is oor dekades heen oor die slapende tsoenamie gewaarsku, maar ons was doof daarvoor want ons het geglo ons beleid sou suksesvol wees en ons beleid is Bybels.
Daar was veral waarskuwings oor segregasie wat nie bestaan het nie. Ons het in miljoene saam in een land geleef. Afsonderlikheid is dus van vroeg af gedoem en ‘n Swart Suid-Afrika sou nie gekeer kon word nie.
Jan van Riebeeck: 1652 – 1662
Die historikus HB Thom skryf dat Van Riebeeck se dagboek een van die interessantste en belangrikste bronne oor Suid-Afrika se vroeë geskiedenis is. Hy sê:
“In the Journal of Jan van Riebeeck we also see South African problems looming on
the horizon – the native problem, the need for labour…” (1952: Vol 1: xxxix).
Generaal JBM Hertzog: 1911: Segregasie
“Ever since 1903 I have advocated segregation as the only permanent solution of the question (die rasseprobleem) and it is to me very clear that unless such a policy is undertaken very soon, the conditions necessary for its realization will … vanish”.
“ It is with a feeling akin to horror that I look into the future with this question unsolved.” (Scholtz, 1964: 50).
Hertzog se laaste dramatiese sin was in werklikheid ‘n uitdrukking van sy vrees wat gaan gebeur as die tsoenami wakker skrik.
CW de Kiewiet: 1941
Die bekende liberale historikus CW de Kiewiet moes in 1941 al ons oë oopgemaak het, want ons het toe nog klaarblyklik nie besef dat daar eintlik nie so-iets was soos segregasie is nie – dit wil sê ons (wittes) eenkant en hulle (die swartes) anderkant. De Kiewiet sê:
“Segregation is a myth, a fancy, anything but a fact. It is denied by the sight of hundreds of thousands of natives dwelling permanently in the towns and upon European farms…What has been twisted together by history cannot be readily disentangled by laws. To unwind the woven cord of native and European life is simply to require history to retrace its steps” (De Kiewiet, 1941: 242-243).
Ons het nie verstaan dat daar inderdaad geen segregasie was nie. Ons moes net rondom onsself gekyk het na die miljoene swart mense saam met ons.
Ek het in 1948 op elfjarige ouderdom al vir apartheid verkiesing geveg toe die Nasionale Party die regering oorgeneem het.
Dis nou byna 70 jaar gelede, maar ek onthou baie goed hoe ons Oom Jack Loock in Vereeniging ingestem gekry het.
- Ek het toe al ervaar dat spoke kan stem en dat
- AVBOB staan vir Almal Vrek Behalwe Ons Boere.
Generaal JC Smuts: 1942
Generaal Smuts het op 21 Januarie 1942 die gedagte van segregasie vir goed verwerp. Hy het gesê:
“We have tried to get around this fear by adopting a policy of what has been called segregation by keeping Whites and Africans apart…But I am sure you will agree that the results have been disappointing. How could it be otherwise?
“The whole trend of feeling in this country and on the continent of Europe is in the opposite direction. The whole movement on this continent is towards closer contacts … Isolation has gone for South Africa…and I am afraid segregation has fallen on evil days…You have this urbanization and the phenomenon of detribalization. What is taking place in our midst is as great a revolution as has ever happened on this continent.”
Smuts se woorde “I am afraid segregation has fallen on evil days” was ook in wese ‘n sterk boodskap dat apartheid nie gaan werk nie en die verwysing na “evil days“ was in werklikheid ‘n waarskuwing oor die slapende tsoenami.
Dr DF Malan: 1948 en 1943
Dr DF Malan op 26 Januarie 1948 in die Volksraad gesê:
“Ons kan by die oplossing of vermeende oplossing wat op een of ander tyd gevind is, bly staan, maar hierdie vraagstuk bly nie staan nie. Hy is gedurig besig om meer ingewikkeld en moeiliker te word as tevore“. (Thom, 1980: 284 en Hansard 1948: 423-424).
The wind of change
Die Britse Eerste Minister, Harold McMillan, het op 3 Februarie 1960 sy beroemde Wind of Change toespraak in die Parlement gelewer. Ek het destyds met ‘n rooi Volkswagen iewers in Germiston gery toe die toespraak oor die radio uitgesaai is asook Verwoerd se antwoord daarop. Ek het stilgehou en geluister.
Ek haal ‘n gedeelte uit McMillan se toespraak aan wat ‘n baie duidelike uiteensetting en waarskuwing oor die slapende tsoenamie is en by implikasie aanbeveel dat Suid-Afrika ‘n eenheidstaat word.
“As I’ve travelled around the Union I have found everywhere, as I expected, a deep preoccupation with what is happening in the rest of the African continent. I understand and sympathize with your interests in these events and your anxiety about them.
“Ever since the break-up of the Roman Empire one of the constant facts of political life in Europe has been the emergence of independent nations. They have come into existence over the centuries in different forms, different kinds of government , but all have been inspired by a deep, keen feeling of nationalism, which has grown as the nations have grown.
“In the twentieth century, and especially since the end of the war, the processes which gave birth to the nations states of Europe have been repeated all over the world. We have seen the awakening of national consciousness in peoples who have for centuries lived in dependence upon some other power. Fifteen years ago this moverment spread through Asia. Many countries there, of different races and civilizations, pressed their claim to and independent national life.
“Today the same thing is happening in Africa and the most striking of all the impressions I have formed since I left London a month ago, is the strength of this African national consciousness. In different places it takes different forms, but is it happening everywhere.
“The wind of change is blowing through this continent, and whether we like it or not, this growth of national consciousness is a political fact. We must all accept it as a fact, and our national policies must take account of it.”
Ek het destyds nie McMillan se boodskap begryp nie, maar vandag sien ek die sin daarin want destyds het ek met my negentien sestig bril gekyk, nou met my 2016 bril.
In werklikheid het McMillan van ons verwag om ‘n eenheidstaat te aanvaar. Verwoerd se antwoord
was dat om billik te wees, jy ook billik teenoor die witman moet wees. Sy antwoord op McMillan was ‘n beklemtoning dat ons beleid sal werk. Ons het dit almal met ons 1960-bril geglo.
Dr Carel Boshoff
Ek kan nie nalaat om hulde aan Carel Boshoff te bring nie. Hy het ‘n paar vrae wat ek hom skriftelik gevra het, beantwoord. Hy skryf soos volg en ek moet erken sy brief het my oë oopgeruk, want ek het die waarheid nie voorheen so goed raakgesien nie. Hy verwys na die KP wat die ou beleid by die NP oorgeneem het.
• “Die KP het by die NP gekom en gesê: ‘Ek sien jy probeermet soveel klippe om jou nek swem, gee hulle vir my dan wys ek jou hoe swem ek met hulle‘“.
• “Die leiers het vir ons gesê: ‘Die blanke land moet bewaar bly!‘ Ek het gevra: Waar is hy?“
• “Die boere het vir mekaar gesê: ‘Ek het nou 50 swartes wat vir my werk‘. Ek het gesê: ‘Dis nie hulle wat vir jou werk nie, dis jy wat vir hulle werk, wat vir hulle behuising gee, vir hulle gesondheid en onderwys gee, wat vir hulle vervoer kerktoe en dorptoe gee‘“
• “Die minister het gesê: ‘Die swartes is nie primêr hier in die blanke land nie, hulle is sekonder hier.‘ Ek het vir hom gelag“.
WAS DAAR ‘N UITWEG?
Met die voordeel van nakennis is dit duidelik dat daar in elk geval uiteindelik geen hoop was om aan die tsoenamie te ontsnap nie, tensy Afrikaners bereid was om Suid-Afrika as eenheidstaat onder ‘n swart regering te aanvaar en as ‘n klein minderheidsgroep in daardie Engelse staat te leef – wat toe in 1994 gebeur het.
Daar was geleenthede om daaroor te onderhandel, maar die uitkoms sou sonder twyfel uiteindelik ‘n eenheidstaat wees waarmee ons vandag sit.
Tydens die ABO het die Engelse die Boere uiteindelik in Vereeniging oop 31 Mei 1902 tot oorgawe gedwing. Was die Vrede van Vereniging ‘n Kantelpunt? As ons vroeër as 1902 onvermydelike Engelse oorheersing aanvaar het, was ons beter af?
Dieselfde geld vir vandag: As ons vroeër ‘n eenheidstaat aanvaar het, was ons dan beter af?
Ek het nie die antwoorde op hierdie twee vrae nie.
HET ONS LEIERS BEGIN TWYFEL ?
‘n Verdere belangrike vraagstuk is of ons leiers, en veral Verwoerd, nie moontlik besef het die beleid
is nie meer prakties uitvoerbaar nie, maar tog daarmee volhard het, wat deur sommige as ‘n sonde beskryf word.
Mnr John Vorster: “Apartheid is dead and buried“ – 1975
Mnr John Vorster het moontlik terwyl hy nog Eerste Minister was, reeds tot die gevolgtrekking gekom het dat die NP se beleid nie volhoubaar was nie. Mnr Ian Smith, vorige Eerste Minister van Rhodesië, het die volgende oor mnr John Vorster gesê:
“I think I‘m at liberty to quote this. Its going to come out. I remember having a meeting with John Vorster in Libertas in 1975. He’d just come back from a trip to Europe and he was shaking. He said: ‘I could not get over the hostility from our traditional friends the Conservatives. They told me they didn‘t even want to talk to me. They said apartheid was the greatest evil on earth, even worse than communism. We’ve got to get rid of it‘, he (Vorster) said. ‘We’re going to get to grips with it. South Africans must accept apartheid is dead and buried‘“ (DieVaal Ster: 13 tot 17 April 1992).
Hierdie bewering dui daarop dat Vorster toe reeds kon besef het dat die beleid nie prakties uitvoerbaar was nie.
Advokaat Cehill Pienaar, leier van die KP in die OVS en senior KP-LP
Mnr Pienaar vertel dat Robbie Viljoen, ‘n NP-LPR in Natal, in die laat sewentigerjare na ‘n NP-Kongres in Durban in informele omstandighede mnr John Vorster gevra het hoe Vorster die Afrikaner se posisie in die verre toekoms sien. Vorster sou daarop aan ‘n paar vertrouelinge gesê het dat die Afrikaner gelukkig sal wees as hy polities iets gaan oorhou soos die destydse Verteenwoordigende Kleurlingraad. Die VKR was ‘n liggaam met weinig politieke mag en het nie lank gehou nie.
Verwoerd
Ebbe Dommisse (2005:169) skryf dat Verwoerd volgens sy Hoofsweep, mnr Koos Potgieter LP, twee dae voor hy vermoor is, dit is dan 4 September 1966, Potgieter vanaf Brits na Pretoria ontbied het en aan hom gesê het dat hy (Verwoerd) tot die gevolgtrekking gekom het dat die beleid van apartheid
onprakties en onuitvoerbaar was. Potgieter sou daarop gevra het waarom dit dan nie verander kan word nie, waarop Verwoerd sou geantwoord het dat so ‘n stap nie op daardie tydstip polities haalbaar is nie. Verwoerd sou toe ook gesê het:
“Jy kan die kar nie te skerp (om)draai nie, dit sal omval”.
Hierdie bewerings van Potgieter raak Verwoerd se politieke integriteit ten diepste en was vir my besonder ontstellend. Indien waar, sou dit beteken dat alhoewel Verwoerd vertroue in die beleid verloor het, hy daaroor geswyg het en met die mislukte beleid volhard het, wat sy integriteit nadelig tref.
Standpunte dat Verwoerd nie getwyfel het nie
Potgieter se bewering is deur etlike persone bevraagteken en weerlê. Mnr Willie Marais, leier van die HNP, het skriftelik op 16 Januarie 2006 aan my daarop gereageer en in ‘n goed beredeneerde brief uitgewys dat
- 4 September 1966 ‘n Sondag was;
- dat Verwoerd toe in gesprek met Leabua Jonathan, Eerste Minister van Lesotho, was;
- dit ondenkbaar is dat hy sy hoofsweep spesiaal – en dit nogal op ‘n Sondag — Pretoria toe sou laat kom net om hom hierdie mededeling te maak.
Verskeie oud-kollegas van Potgieter was ook skepties.
Dr Carel Boshoff, skoonseun van Verwoerd, het gesê dat hy as predikant nie sal sê iemand anders vertel ‘n onwaarheid nie, maar hy glo nie die stelling nie, want hy het Verwoerd intiem geken en die Potgieter-stelling bots lynreg met Verwoerd se oortuigings.
Mevrou Anna Boshoff, eggenote van Carel Boshoff en Verwoerd se dogter, het ook die Potgieter-stelling verwerp.
My gevolgtrekking is dat Potgieter se stelling aan geloofwaardigheid mank gaan.
HET VERWOERD ‘N PLAN B GEHAD?
Mens wonder of Verwoerd nie dalk die tekens van die tyd gelees en bekommerd geraak het oor die vraag of ons ‘n eenheidstaat gaan voorkom nie? Hierby aansluitend, indien Verwoerd nie op 6 September 1966 vermoor is nie, wat sou hy in die volgende tien jaar gedoen het?
Niemand kan die vraag met sekerheid beantwoord nie, maar ek vermoed dat Verwoerd wel by die punt sou kom waar hy met iets kreatief voor die dag gekom het. Met die ekonomiese hartland in Swart Suid-Afrika, kon hy dalk onderhandel het vir blanke mede-seggenskap in daardie gebied en selfbeskikking in ‘n ander gedeelte van Suid-Afrika. Met ander woorde ‘n sê of ‘n vorm van inspraak in die res van die land en selfbeskikking in ‘n Afrikaner volkstaat.
Toe ek nog in die KP was, net voor Kodesa begin het, het Van Zyl-Slabbert vir my ‘n geheime ontmoeting met Thabo Mbeki in ‘n hotel in Zurich gereël. Ek wou van Mbeki weet wat die ANC se houding sou wees oor ‘n volkstaat vir Afrikaners. Mbeki het gesê hulle is daarteen gekant, maar as daar oor alles ooreengekom is en net die volkstaatplan bly oor, dan sal die ANC dit aanvaar.
MY TEMA
Ek keer terug na my tema. Ja, ek glo nie Verwoerd of enige ander Afrikanerleier kon die eenheidstaat afweer nie. Verwoerd het wel tot ‘n mate geslaag deur vier onafhanklike state en tien selfregerende state te skep.
Maar daardie feite was maar een faset van Verwoerd se lewe. Die partisie mislukking verbleek egter teenoor Verwoerd se ander magtige en omvangryke prestasies, sy visie en leierskap wat ons as sy blywende nalatenskap geërf het.
By geleentheid het ek ‘n ete gereël vir ‘n paar Afrikanervriende met Mangosuthu Buthelezi en hulle het hom met vriendelike vrae gepeper wat hy graag beantwoord en geniet het. Wat ek nooit kan vergeet nie, is toe een vir hom vra: “What do you say about Dr Verwoerd?“ Buthelezi het onmiddellik verstyf en toe stadig en met openlike respek en agting gesê: “What a presence!“ Ek het onmiddellik
‘n knop in die keel gekry oor die bewonderenswaardige wyse waarop Buthelezi byna geprewel het: “What a presence!“ As Afrikaner was ek oneindig trots op my Afrikanerleier Hendrik Verwoerd se charisma wat so ’n magtige indruk op Buthelezi gemaak het.
Die bekende geleerde, CW de Kiewiet, vereer Verwoerd in 1964 deur te sê dis nie absurd om Verwoerd met Charles de Gaulle te vergelyk nie – daardie “stern, headstrong but deeply imagitive leader of France”.
Giliomee komplimenteer Verwoerd as die vader van massademokrasie wat in die midel 1990s
ingestel is en Verwoerd was die eerste persoon wat sy doktorgraad in Afrikaanse geskryf het.
‘n Amptenaar het my vertel dat hulle probleme met ‘n Pedistam in die noorde gekry het en hulle kon nie ‘n oplossing kry nie. ‘n Afgetrede kollega sê toe daar was ‘n soortgelyke geval in Verwoerd se tyd as Minister, maar hulle kry die saak steeds nie opgespoor nie. Einde ten laaste word die probleem na Eerste Minister Verwoerd gestuur. Die volgende dag is die lêer terug waarin Verwoerd hulle na die vorige probleem verwys, met ‘n aanduiding van wanneer dit gebeur het. Maar, skryf Verwoerd, as julle nie die lêer kry nie, hier is die antwoord. Die amptenaar sê vir my Koos, ons kry toe die ou lêer en die antwoord daarin en die nuwe antwoord was soos twee fotostate.
Mens kan talle voorbeelde noem van hierdie Afrikaner-kolos se kosbare en blywende nalatenskap. Sy uitsonderlike joernalistieke vermoëns; sy liefde vir kultuur en sy kommer oor armoede. Sy blymoedigheid, moed en onwrikbare geloof in sy visie. Sy uitstaande leiersvermoë om deur voorbeeld te lei. Ek is vertel dat ministers in Verwoerd se kabinet suweagtig in kabinetsvergaderings was, want Verwoerd het gewoonlik meer van ministeries geweet as die minister self.
WAS VERWOERD SE DROOM VAN ‘N STATEBOND VAN SUIDER-AFRIKAANSE STATE ‘N UITWEG?
Ek wil my vervolgens by Verwoerd se droom bepaal. Sy ideaal. Sy vergesig. Sy leiersvisie van ‘n Suider-Afrikaanse Statebond wat hy soos volg uitgespel het:
“I can see a development of a commonwealth of South Africa … a commonwealth where blacks and whites can co-operate as separate and independent states — in short, a policy of good neighbourliness based on two principles…political independence and economic interdependence” (Pelzer, 1963: XLII en die Sunday Dispatch van 19 Maart 1961: Na die Statebondkonferensie))
As ek dan vir ‘n oomblik my verbeelding vlerke gee, dan is dit om te probeer visualiseer hoe die Statebond sou gelyk en gefunksioneer het. Ja, ek is met ‘n verbeeldingsvlug besig, maar sê nou net?
‘n Statebond met
- Moontlik tien onafhanklike swart state en een onafhanklike wit staat;
- Die moontlikheid dat lande soos Namibië, Swaziland, Botswana en Lesotho deel van die Statebond kon word, wat ‘n magtige magsblok in Suider-Afrika tot stand sou bring wat in die VN en ander internasionale organisasies se voorbanke gesit het;
- Ekonomiese interafhanklikheid tussen die verskillende state;
- Die poel van kundigheid, geld en kennis;
- Buitelandse beleggings;
- ‘n Borrelende ekonomiese fontein;
- Ongekende toerisme;
- Die ontginning van die Statebond se uiters ryk minerale bronne;
- Florerende landbou;
- Groot tersiêre instansies;
- Honderde, indien nie ‘n paar duisend fabrieke nie;
- Suksesvolle en werkende resepte teen armoede;
- Die effektiewe afwering van werkloosheid
- So kan ek aanhou.
Daar is mense wat sal sê dit kon nie werk nie. Daarop sê ek: Verwoerd, en net daardie kolos, sou dit moontlik kon laat werk, as hy bly lewe het.
Dis vir my moeilik om die intense teleurstelling in mens se siel te verwerk dat Verwoerd se Statebond met al sy enorme potensiaal toe nie gerealiseer het nie.
Ek vra: Al het die Statebond nie gerealiseer nie; al was dit dan net ‘n droom – dan vra ek nog was daardie droom van die Statebond nie dalk Verwoerd se eintlik grootste intellektuele bydrae in sy lewe nie?
ORANIA SE DROOM?
En het ons nie reeds ‘n groot Oraniadroom nie? Ek weet ons begin nog maar, maar daar is reeds een dorp en 1 500 mens en baie entoesiasme en groeiende belangstellling. Daarby word die lewe in Swart Suid-Afrika moeiliker by die dag n teen 20130 sal net een uit 100 jong mense wit wees. Is dit dan te onwerklik dat ek vra kom ons kyk diep in die toekoms is – dertig, vyftig jaar die toekoms in – is ons droom dan nie dat daar eendag dosyne dorpe en duisende mense sal wees en dat Orania tot by die see sal strek nie? Waar ons ‘n hawe en lughawe bou? Waar Afrikaans die taal is.
Is so ‘n droom nie dalk die oorlewingspad van Afrikaners nie? Kom ons droom daaroor. Kom ons werk daarvoor, al maak dit nie saak hoe ver ons daarmee kom nie.
TEN SLOTTE
Daar is genoeg aangevoer om te kan sê dat ten spyte daarvan dat Verwoerd nie die eenheidstaat kon voorkom nie, sy onskatbare nalatenskap van uitstaande talente, insigte, visie, intelligensie, charisma – en in die besonder sy Statebonddroom – dit alles oorskadu die koms van die eenheidstaat.
Verwoerd verdien die titel en goue ketting van GROOT AFRIKANER.
In die lig daarvan dat daar oor 15 jaar slegs een uit elke 100 jongmense in hierdie land blank kan wees, is my boodskap vir u — dat diegene van ons wat steeds Afrikaners is en dit wil bly, sal besef:
Ons oorlewenstaak eis diep, ja oneindig diep besinning oor ons toekoms.
Dankie.
hfverwoerdgedenklesing2016