Ons behoort tot ‘n volk …

“Ons behoort tot ‘n volk – ons ten behoewe van wie hier geskryf word – wat tot die grond behoort. Afstammelinge van Europese koloniste – en ander – is ons in Afrika tot uitgebreide, self-bewuste kultuur-gemeenskap gevorm wat die naam van ons moeder tot ons naam gemaak het: Afrikaners. Ons bestaan vir eeue selfstandig op, bykans ín en gewis danksy die Afrikaanse grond, met die gevolg dat ons in die wêreld as Boere bekendstaan. Dalk nie as kompliment bedoel nie, getuig dit tog van ons verbintenis, geworteldheid, aardsheid, asook eenvoud – wat ons tot skande óf eer kan strek. Want iets van dié ge-aard-heid het ons behou tot selfs in ons verstedelikte bestaan sodat daar nog altyd, kopskuddend óf goedkeurend, gesê word: ‘n Boer maak ‘n plan! Só is ons vryheidsin begrond.”

Die derde deel van die Vryheidstigting se funderingsdokument word vervolgens bespreek.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui